English website

Nuus

  • Dalene Matthee erken vir haar uitsonderlike bydrae tot Knysna se gemeenskap by Sanlam Knysna Awards

    More information

  • Fiela se kind nou weer in Nederlands beskikbaar

    Meer inligting

  • Huis vir Nadia is vir die eerste keer vertaal in Nederlands

    Meer inligting

  • Dalene Matthee ontvang postuum-toekenning van Departement Kuns en Kultuur

    In Desember 2007 ken die Departement Kuns en Kultuur 'n SA LiterÍre Toekenning (postuum) aan Dalene Matthee toe vir haar bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde.

  • Gedenksteen vir skrywer in Knysna-bos opgerig

    Dalene is onverwags op 20 Februarie 2005 aan hartversaking op Mosselbaai oorlede. Haar laaste rusplek is by Krisjan-se-Nek, een van haar mees geliefde plekke in die Knysna-bos. Haar as is dan ook hier gestrooi.

    Op 23 Februarie 2008 is 'n gedenksteen by Krisjan-se-Nek in die Knysna-bos vir haar onthul. Die gedenksteen was 'n gesamentlike onderneming tussen die Matthee-kinders, SA Nasionale Parke (Sanparke) en Tafelberg Uitgewers. Die gedenksteen is deur JA Clift (Edms) Bpk van die Paarl ontwerp, gemaak en opgerig. Die gedenksteen is deur Trevor Clift ontwerp en deur die vakman Dawid Augustyn gemaak.

    ... meer inligting oor Gedenksteen

  • Miljoenste Afrikaanse boek van Dalene Matthee word verkoop

    In 1982 word Dalene Matthee se bundel kortverhale, Die Judasbok, deur Human & Rosseau uitgegee - en in 2008 kondig Tafelberg Uitgewers met 'n heruitgawe van Die Judasbok die miljoenste verkope van 'n Afrikaanse boek deur dié skrywer aan. (Tafelberg Uitgewers in 'n drukmerk van NB Uitgewers.)

    One-Millionth Dalene Matthee Title Sold in Cape Town

  • Pieternella, daughter of Eva word deur Penguin Books uitgegee

    Penguin Books South Africa (Edms) Bpk gee op 1 November 2008 die Engelse weergawe van Pieternella van die Kaap uit as Pieternella, daughter of Eva. Die vertaling is deur Malcolm Hacksley gedoen.

Dalene Matthee se boeke
Kringe in 'n bos
Fiela se kind
Moerbeibos
Toorbos
Die Judasbok
Om 'n man te koop
Brug van die esels
Susters van Eva
Pieternella van die Kaap
Die Uitgespoeldes
'n Huis vir Nadia
Petronella van Aarde
Die Twaalfuur-Stokkie
 
 
 

Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website

Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd en Anneri van der Merwe .


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions