English website

Kringe in 'n Bos staproete

Volg een van die staproetes en ervaar die bos eerstehands. Daar is twee roetes wat by Krisjan-se-Nek begin - een van 3 km (sowat 1,5 uur) en een van 9 km (sowat 3 uur). Die moeilikheidsgraad is maklik tot gemiddeld, en is geskik vir enigeen vanaf ouderdom 5. Die roetes het voorheen as die Woodcutter's Trail bekend gestaan, en is met die inhuldiging van die gedenksteen na die Kringe in 'n Bos-roete vernoem.

Die roete neem jou na die hart van die inheemse bos en loop verby Outeniqua-geelhoutbome wat honderde jare oud is, boomvarings wat 3 meter hoog staan, waterstroompies, die mooiste swamme en baie meer. En as jy gelukkig is, sal jy 'n loerie sien.






Kringe in 'n Bos staproete


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website



Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions