English website

Gedenksteen

Dalene Matthee is onverwags op 20 Februarie 2005 aan hartversaking op Mosselbaai oorlede. Haar laaste rusplek is by Krisjan-se-Nek, een van haar mees geliefde plekke in die Knysna-bos. Haar as is dan ook hier gestrooi. NŠ Dalene se dood het mnr Kitto Erasmus, voormalige streekdirekteur van Omgewingsake, aan die Matthee-familie voorgestel dat hulle 'n gedenksteen vir Dalene in haar geliefde Knysna-bos oprig. Mnr Erasmus het Dalene baie gehelp tydens haar navorsing vir Kringe in 'n bos, Fiela se kind en Moerbeibos.

Op 23 Februarie 2008 is 'n gedenksteen by Krisjan-se-Nek in die Knysna-bos vir haar onthul. Die gedenksteen was 'n gesamentlike onderneming tussen die Matthee-kinders,
SA Nasionale Parke (Sanparke) en Tafelberg Uitgewers. Die gedenksteen is deur
JA Clift (Edms) Bpk van die Paarl ontwerp, gemaak en opgerig. Die gedenksteen is deur Trevor Clift ontwerp en deur die vakman Dawid Augustyn gemaak.

Die inskripsie op die steen is met die hand gedoen deur die enigste vakman in die Kaap wat nog hierdie "V-cut" uitkapwerk doen: die Italianer Mick D'Aquanno.

Die groot Geelhoutboom van meer as 880 jaar by Krisjan-se-Nek is na Dalene Matthee vernoem en staan nou as die Dalene Matthee Big Tree bekend en die naam van die staproete wat by Krisjan-se-Nek begin, het die Kringe in 'n Bos-roete geword.

Dr Razeena Wagiet, Sanparke se direkteur: Mense en Bewaring ten tye van die gedenksteen se onthulling, het gesÍ dit is 'n eer vir Sanparke om die gedenksteen te huisves want dit pas perfek in by die departement se kultuurerfenismandaat.



Gedenksteen-inskripsie

Gedenksteen Inskripsie


Dalene se plek

Uit Dalene Matthee se pen het die Knysnabos vir ons lewe gekry. Ons het saam met Saul Barnard en Oupoot Kringe in 'n bos se bospaadjies geloop. Ons het die barre bosmense van Fiela se kind leer ken. En ons het Silas Miggel se wÍreld in Moerbeibos beleef. Daarna het ons Karoliena Kapp van Toorbos se hunkering na die bos probeer begryp ...
lees meer



Gedenksteen


Gedenksteen


Gedenksteen


Gedenksteen


Gedenksteen


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website



Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions