English website

Die Uitgespoeldes

Opsomming

Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom dié knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? Totdat hy Lord en Lady van Springfield ontmoet en dadelik besef: hulle is ook uitgespoeldes, soos hy.

Dalene Matthee se heel laaste roman bied 'n historiese verhaal uit die 1950's met 'n besondere bekoring. Soos haar vorige trefferromans verbeeld dit weergaloos die mistieke verbondenheid tussen mense wat op die onsbare vlak lê.



  • Die Uitgespoeldes is in Engels en Nederlands vertaal.




Brug van die eselsBrug van die esels
Vir Araminta Rossouw het diamante n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels ... lees meer
Susters van EvaSusters van Eva
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebre is? ...lees meer
Pieternella van die KaapPieternella van die Kaap
Die verhaal van Pieternella, dogter van die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhoff en van die Hottentottin Krotoa-Eva, wat na Robbeneiland verban is ...lees meer
Die UitgespoeldesDie Uitgespoeldes
Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom di knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? ...lees meer


Wat s die media?

Die storie wat in Dalene Matthee kom "vasmossel" het en wat haar agtste en laaste roman, Die Uitgespoeldes, geword het, omvat 'n wreld van 'n handjievol mense in die Strandveld. Britse edelliede, eenvoudige vissers, plaaswerkers, bosmense en 'n Britse premier kry staanplek.

Die storie word gehaal uit die geleefde lewens van mense wat hul voetspore daar gelaat het en op wie se lewens terug geloop kan word. Die hartklop is die egtheid daarvan.
Amanda Botha


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website

Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions