English website

Toorbos

Opsomming

Toorbos is n bosromanse. Dit is die storie van n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry.

Karoliena Kapp is n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur n man, Johannes, n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word Karoliena "afgetrou" met hom, en moet sy n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hirargie in te neem.

Die wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar n mistieke ervaring moontlik - dit is die soort vervoering wat Karoliena soek - terwyl die dorpsbestaan aan n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes - baie ouer as sy - en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar "iewers, iewers iets verskriklik verkeerd" is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: "wies-jy, wies-jy".



  • Toorbos is in Engels en Nederlands vertaal.





Kringe in 'n bosKringe in 'n bos
Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer ... lees meer
Fiela se kindFiela se kind
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, n weggooilam ... lees meer
MoerbeibosMoerbeibos
In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur ren, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het ... lees meer
ToorbosToorbos
Dit is die storie van n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry ... lees meer


Wat s die media?

Toorbos bring weer opnuut die betowering van Matthee se vorige Bos-romans na vore, en neem die leser terug na die oerwreld van onsterflike bome, olifante, en boswerkers. Alles wat vereenselwig word met die Bos, word hier met magiese betowering aanmekaar geweef, tot 'n roman wat beloof om net so uitsonderlik en suksesvol te wees soos haar vorige Bos-romans.
Exclusive Books

Die roman voer jou terug na 'n oerwreld van tydloosheid waar bome, die olifant, die boswerker, die begeestering van bosverskynings en die bloubokkie 'n vervoering voor jou o optower. Daarom is die titel Toorbos. Hier is die ou Matthee-betowering weer aan die werk. Sy is 'n rasegte verteller.
Louise Viljoen


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website

Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions