English website

Romans

Die joernalis Amanda Botha was persoonlik bevriend met Matthee, en sê dit oor haar romans: "Sy was 'n storieverteller sonder weerga; sy het die Afrikaanse vertelkuns ontsettend verryk deur verhale op 'n meesleurende en menslike wyse te vertel. Sy het ook vir vernuwende aspekte in die Afrikaanse leefwêreld gesorg, soos die ekologiese waardering vir die Knysna-bos se fauna en flora en die kyk na 'n groep mense op die kantlyn van die lewe, naamlik die bosbewoners. Sy het 'n betekenis, menslikheid en siel aan hul bestaan gegee," het Botha gesê.

"Met die herlees van al haar romans het ek veral opgemerk hoe sy die taal vernuwe het met 'n ontsaglike klomp nuwe of voorheen onbekende woorde en frases. Veral in die bosboeke, maar ook die seevaartterme en gebruiksterme in 'n boek soos Pieternella van die Kaap.

"Ongeag wat letterkundiges ook sou sê oor die moontlike 'maklike oplossings' waarin sy in haar boeke sou soek, was die grondige navorsing een van haar uitstaande kenmerke.

'n Boek soos Susters van Eva bied byvoorbeeld 'n besondere beskouing van die feminisme en is beslis die moeite werd om weer te besoek," het Botha ges.

Volgens Botha was Matthee iemand wat graag stories vertel het, 'n mens met 'n heeltemal eksentrieke siening van die geskiedenis en die lewe.



Brug van die eselsBrug van die esels
Vir Araminta Rossouw het diamante n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels ... lees meer
Susters van EvaSusters van Eva
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebre is? ...lees meer
Pieternella van die KaapPieternella van die Kaap
Die verhaal van Pieternella, dogter van die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhoff en van die Hottentottin Krotoa-Eva, wat na Robbeneiland verban is ...lees meer
Die UitgespoeldesDie Uitgespoeldes
Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom di knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? ...lees meer



Knysnabos


Knysnabos


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website



Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions