English website

Kortverhale

Oor Die Judasbok skryf Ia van Zyl in Die Suidwester dat dit verblydend is om 'n bundel in die hande te kry met as doelgroep die leser wat nie in die eerste plek lees om die intellektuele bevrediging wat die teks verskaf nie, maar hoofsaaklik ter wille van die leesgenot.

André P Brink skryf dat Dalene Matthee op deeglike, verantwoorde, en soms opwindende manier die kortverhaalkuns bemeester het. Hennie Aucamp beskryf die bundel as vermaak met gehalte en JP Smuts meen dat 'n wye leserspubliek die versameling toeganklike en goedgeskrewe verhale behoort te geniet. Enkele kenmerke van die bundel wat deur kritici uitgesonder word, is die eenvoudige, direkte taalgebruik, oortuigende dialoog, aantreklike ligte aanslag van 'n aantal van die verhale, en wye verskeidenheid temas wat in die verhale aangeroer word.

Om 'n man te koop is 'n versameling van 19 boeiende kortverhale deur Dalene Matthee wat gedurende die 1960's en 1970's in die tydskrifte Sarie en Huisgenoot verskyn het. Die verhale is eie aan die skryfstyl van daardie tyd, daarom is daar verskeie "mooi" stories, maar tipies Matthee is almal boeiend met verrassende eindes. Sommige is ernstig — waar die leser wreed met die slot ontnugter word. Matthee slaag daarin om van die karakters — met goeie karakter-ontwikkeling binne die beperking van 'n kortverhaal — ou bekendes te maak.

Dikwels is bundels van kortverhaal-skrywers so al op dieselfde trant. Om 'n man te koop is egter 'n ryke verskeidenheid van verhale wat jy nie wil neersit nie, want mens kan nie wag om te lees wat in die volgende verhaal gaan gebeur nie. En natuurlik is Dalene se verkwiklike humor alomteenwoordig! Dit is ligte vermaak wat gemaklik lees.



Die JudasbokDie Judasbok
Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want 25 jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit ... lees meer
Om 'n man te koopOm 'n man te koop
Die verhale is almal helder, die inhoud is vars - aan die ongewone kant. Hoewel dit meestal die liefde tot tema neem, is daar ´n ryke verskeidenheid ... lees meer



Knysnabos


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website



Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions