English website

Bosboeke

Dit was die besonderse bekoring van die Outeniqua-bos wat haar na haar grootste sukses gelei het.

Sy het lank navorsing gedoen vir haar eerste Bosroman, Kringe in 'n Bos (1984). Sy het by verskeie geleenthede die bospaaie saam met haar gesin gestap, en snags by die verblyfplek van die olifante geslaap.

"Ek woon naby die Bos. Jy ry kilometers ver deur plase, denneplantasies en kreupelhout en jy vra jouself af: Wat het van die oerbos geword wat hier gestaan het?"

Tussen vier- en vyfhonderd olifante het hierdie Bos bewoon in 1886, maar teen 1972 was daar slegs twaalf van hierdie pragtige diere oor. Wat het van hulle geword, wie het hulle uitgeroei, en hoekom? Dit is as gevolg van haar soeke na antwoorde op hierdie vrae dat Dalene haar eerste Bosroman geskep het. Volgens haar het sy Kringe in 'n Bos geskryf om die waarheid daaroor te probeer vertel. Haar boek het internasionale status en sukses verwerf, is in 11 tale vertaal, en het haar die gesogte ATKV-prys besorg. Daar is ook 'n film gemaak oor die Engelse vertaling van haar boek, Circles in a Forest.

Nog twee bosboeke het gevolg: Fiela se kind (1985) en Moerbeibos (1987). Van Fiela se kind is 'n rolprent onder regie van Katinka Heyns gemaak.

Met Toorbos, net soos in Kringe in 'n Bos, is Matthee se omgaan met die Knysna-bos 'n omgang wat getuig van 'n diepgaande kennis, verstaan van en omgee vir die bome, blomme en diere van dié inheemse woudgebied.



Kringe in 'n bosKringe in 'n bos
Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer ... lees meer
Fiela se kindFiela se kind
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, n weggooilam ... lees meer
MoerbeibosMoerbeibos
In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur ren, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het ... lees meer
ToorbosToorbos
Dit is die storie van n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry ... lees meer



Knysnabos


Knysnabos


Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website



Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions